Gees van Ubuntu seëvier in die wildtuin
Loading player...
Ubuntu het hom die afgelope week in die Krugerwildtuin afgespeel.
Muhammed Vawda se bejaarde ouers was naby Satara-kamp in ‘n motorongeluk.
Die kar het meganiese probleme ondervind. Hulle het beheer verloor en is ‘n ent van die pad af, die bosse in.
Hy sê hulle is oorval deur hulp - van Satara se veldwagters asook sowat 40 verbygangers wat gestop het om te help.
SANParke se Rey Thakuli sê hulle is baie trots op dié reaksie.