
#JouMenseMyMense saam met SPAR – Stap ‘n stukkie saam met Jaco (10) – 2 September 2020
Loading player...
September is Internasionale Spierdistrofie Bewusmakingsmaand en ons het met die Viljoen gesin gesels oor hulle 10-jarige seuntjie, Jaco, wat in 2017 met Duchenne Spierdistrofie gediagnoseer is. Wêreldwyd word daar ongeveer 3500 seuns elke jaar gediagnoseer - in Suid-Afrika weet ons maar van 10 gesinne wat hierdeur geraak word. En ja, ons sien met Pa Jaco, Ma Albi, ousus, Leané en selfs Ouma Marina, hoe Jaco se uitdagings ‘n hele familie se geveg word. ‘n Moedige en hoopvolle stryd omdat ‘n klein seuntjie die geloof van ‘n Dawid het en met sy hele hart glo dat hy hierdie Goliat verseker nog gaan platslaan.