Vriendelike Fanie groet NHS

Loading player...
Hoërskool Nelspruit se algemene assistent, Fanie Themba, het na 36 jaar by die skool afgetree.
Pligsgetrou en altyd vriendelik het hy hard gewerk aan verbeteringe op die skoolterrein sedert 1984.
Skoolhoof Johan Hattingh sê hy het baie groot waardering vir Fanie se karakter en dat hy te alle tye die belange van die skool op die hart gedra het.
Fanie sê baie voormalige leerlinge onthou hom steeds, maar hy het uiteindelik besluit om ‘n bietjie te gaan rus.
8 Sep 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Derde massavergiftiging aangemeld in/naby Kruger

Nog 102 aasvoëls is vergiftig ontdek - hierdie keer in Lionspruit. VULPRO se Kerri Wolter sê dit is die derde soortgelyke voorval in die Krugerwildtuin-area en dit lyk nie asof dit vir muthi gedoen word nie.
19 May 9AM 9 min

Mindwalker spesialiseer in gedrag

Die metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM.
16 May 5AM 20 min

NHS- se landlopers presteer

Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive.
18 Apr 6AM 15 min

Robs wen eerste Track & Field

Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles.
17 Apr 5AM 13 min

'Drag races' bekommer inwoners toenemend

Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik.
14 Apr 10AM 9 min