#JouMenseMyMense saam met SPAR – Paartjie met gestremdheid vier 50ste Huweliksherdenking
Loading player...
Oom André en Tannie Louis Brand het op die 12de September hulle 50ste huweliksherdenking gevier, maar wat hierdie mylpaal ekstra spesiaal maak, is dat beide van hulle serebraal gestremd is. Behalwe vir hulle daaglikse uitdagings het hulle ook maar teenkanting gekry toe hulle destyds gesê het hulle gaan trou en selfs die medici het hulle gewaarsku toe hulle graag met ‘n gesin wou begin. Na nege jaar se getroude lewe is hulle eerste en toe later tweede kind gebore en vandag is hulle ‘n trotse ouma en oupa van vier kleinkinders in wie se lewens hulle baie betrokke is.
Hulle skoonseun, Andy by wie hulle woon in Daspoort het vir ons die e-pos gestuur en ons het hulle gaan verras om te hoor waar hulle ontmoet het en wat die geheim is om 50 jaar so gelukkig getroud te wees.