Noodlottige ongeluk naby Sudwala ondersoek
Loading player...
Die oorsaak van ‘n ongeluk naby Sudwala vanoggend, word ondersoek.
Drie mense, insluitende die bestuurder, is dood toe ‘n bakkie op die D421-pad omgeslaan het.
Die ongeluk het omstreeks 07:30 plaasgevind.
Volgens die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Moeti Mmusi, is twee passasiers ernstig beseer.
Nog ses mense wat agterop die bakkie was, het ligte beserings opgedoen.
Al die beseerdes is na Rob Ferreira-hospitaal geneem.