Polisie maan teen verspreiding van fopnuus
Loading player...
‘n WhatsApp-boodskap wat waarsku dat ‘n vrou vanoggend amper in Mbombela gekaap is, het vanoggend soos ‘n veldbrand deur die dorp versprei.
Dit voer aan dat die skrywer se vriendin amper ‘n slagoffer was.
‘n Swart Corolla sou voor haar gestop het.
Drie mans het glo uitgespring en aan haar deure geruk en op haar geskree.
Nelspruit se polisiewoordvoerder, kaptein Zandile Gqawa, sê geen saak is aangemeld nie en hulle beskou die boodskap daarom as fopnuus.
Sy het mense aangeraai om enige misdadige voorvalle by die polisie aan te meld sodat hulle dit kan ondersoek.