Verdagtes gesoek na mislukte transitoroof
Loading player...
‘n Onbekende aantal verdagtes word deur die polisie gesoek, nadat hulle gisteraand ‘n transitoroof probeer uitvoer het.
Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Brenda Muridili, het dit voorval kort na 18:00 op die R40 naby Da Gama-dam, tussen Witrivier en Hazyview, plaasgevind.
Die aanvallers het glo verskeie kere op die gepantserde geldwa geskiet en probeer om dit met plofstof oop te blaas.
Hulle het egter met leë hande gevlug.
Volgens die polisie is een van hul voertuie in vlamme op die toneel agtergelaat.
‘n Sekuriteitswag is lig beseer en na die hospitaal geneem.
Muridili het gevra dat enigiemand met inligting wat na die verdagtes se arrestasie kan lei, hulle kontak by 086-001-0111 of die MySAPS-program.