Mienke Mulder se lewe vandag herdenk
Loading player...
Klein Mienke Mulder se gedenkdiens sal vanoggend op haar Facebook-blad uitgesaai word.
Die driejarige is sowat twee weke gelede oorlede, nadat sy ernstige breinskade opgedoen het in twintig-sewentien.
Haar ouers, Ryno en Verna Mulder, sê dit is baie moeilik om slegs honderd mense na die diens toe te mag nooi, omdat sy soveel vir so baie mense beteken het.
Die uitsending sal om kwart oor tien begin met ‘n skyfievertoning. Die diens begin om elfuur.
Skakel in op die "Please pray for Mienke”-blad op Facebook en dra weer pienk vir Mienke vandag.