#JouMenseMyMense saam met SPAR – Anonieme tannie se kosskenking
Loading player...
Vir die afgelope paar maande kom stop ‘n tannie en haar dogter gereeld by ons kantoor. Stil-stil en sonder om te sê wie hulle is, laai hulle kruideniersware af. Tannie Wilna by ons ontvangs sê sy weet nie wie dit is nie. Sy kan net sien die vrou loop self swaar, maar klokslag elke maand is hulle daar met ‘n skenking – genoeg om te kan deel, met meer as een gesin.
Die gesinne se dankbaarheid en dankie is vir hierdie tannie en haar dogter en ook ons vennoot, SPAR wat ons elke week vertrou om hulle geskenk op die regte plek aan te gee. Dis ‘n gebaar van omgee wat ons hoop ander sal aanspoor om ook in hulle gemeenskap uit te kyk en uit te reik na mekaar, maar dalk gaan JouMenseMyMense selfs meer oor die geleentheid wat so ‘n gebaar moontlik maak om vir ‘n oomblik saam met hierdie mamma op haar bank te sit, saam te bid vir ‘n deurbraak, oor die inspraak of ‘n bietjie aansporing as die moedeloosheid mens dalk juis vandag wou kom oorweldig en ‘n tasbare manier om vir iemand te sê en te wys – Die Here sien jou en jou kinders raak…