Ereveldwagters lewenslyn vir Kruger se honde-eenheid
Loading player...
Die Krugerwildtuin se sukses teen renosterstropery is grootendeels te danke aan die snuffelhonde, sê Johan de Beer, bestuurder van die wildtuin se honde-eenheid.
Hy het gisteraand by Trappers ‘n praatjie gelewer oor hoe suksesvol hulle stropers aankeer.
Die eenheid het egter hierdie jaar sewe honde verloor.
Weens inperking is hul begroting boonop gesny.
Hierdie hoogs gespesialiseerde honde is geensins goedkoop nie.
De Beer sê die Sanparke-ereveldwagters se ondersteuning help gelukkig baie vir die eenheid se voortbestaan.