#JouMenseMyMense saam met SPAR – Rupert van Vuuren se 1000 marathonne vir kinders
Loading player...
Die afgelope 394 dae, sedert 17 September 2019, begin ‘n normale dag vir 46-jarige Rupert van Vuuren so 3 uur in die oggend om sy marathon vir die dag te kan hardloop. Vandag is sy 411de marathon op pad na sy duisend marathon doelwit en dit alles om bewusmaking te skep vir die BRAIN CHILD STIGTING en hulle werk om kinders met gestremdhede en hulle gesinne te help.
Rupert is getroud en het self ‘n gesin, hy werk in die mynbedryf as ingenieur en het ook ‘n musiekateljee by sy huis waar hy al saam met van ons land se beste kunstenaar gewerk het... En tussen deur hardloop hy om ‘n stem te wees vir ‘n gemeenskap wat soveel isolasie beleef.
Hy het aanvanklik sy 42km alles aaneen gehardloop, maar toe later die afstand opgebreek om meer mense betrokke te kry – 5 en 8 en 10km op ‘n slag.
Sy 17 357 km het reeds vir hom twee wêreldrekords ingepalm, maar dis nie waaroor dit gaan nie... Sy motivering is God se seën op die projek, en om dit uit te bou tot ‘n volhoubare platform – wat ook vir ander organisasies kan help met bewusmaking – en intussen het sy voorbeeld en storie al soveel mense se lewens in beweging in inspireer…