#JouMenseMyMense saam met SPAR – Baba Diandré
Loading player...
Baba Diandré Labuschagne is op 4 April 2020 op 37 weke gebore. Twee weke tevore het ‘n sonar ‘n gewas van 7cm aan die linkerkant van sy brein opgetel.
Almal was verbaas dat hy met geboorte self kon asem haal, maar sy kans op oorlewing was 24 uur en toe later 5 dae. Verskillende dokters en spesialiste het almal verskillende opinies gehad oor wat die beste behandeling sou wees. Op die ou end is klein Diandré einde Julie geopereer om die gewas te verwyder.
Ongelukkig het sy brein reeds baie skade gehad en hy is gediagnoseer met “Spastiese Serebrale Gestremdheid”. Hy is breinblind en –doof wat beteken sy brein herken nie dit wat hy sien of hoor nie en hy kan ook nog nie emosie wys soos lag en huil nie,
Ons het vir Mamma Marizelle en Pappa Leon by die kantore van Renaissance SA Ratings ontmoet waar Marizelle se ma, Amanda en sussie, Monique werk asook Anelize van den Berg wat vir ons die e-pos gestuur het. Al lê daar nog ‘n lang pad vir hulle gesin voor, stap hulle elke dag in geloof en saam met ‘n ongelooflike groot familie…