Radio Laeveld-luisteraars maak hul harte oop vir brandgeteisterde boere

Loading player...
Radio Laeveld se luisteraars het voorwaar harte van goud.
Die stasie het hande gevat met AfriForum en Skankane Transport om hulp te verleen aan brandgeteisterde boere.
Na raming is minstens 200 000 ha verlede week in verskeie brande verwoes. Die uitgestrekte gebied sluit in dele van die Wes-Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes.

Luisteraars van 100.5FM het hul harte en hande oopgemaak en die Pak 'n boks vir 'n boer-projek ondersteun.
Dit is daarop gefokus om hulp te verleen aan die talle boere wat hul besittings in dié brande verloor het.
Die Laeveld kon daarom Saterdag ‘n groot vrag hulp Vrystaat toe stuur.
Robin Jansma, stasiebestuurder van Radio Laeveld, vertel dat 100.5FM besluit het om ‘n afsetpunt vir AfriForum se inisiatief te word om hulp aan die boere te verleen in samewerking met Skankane, om te verseker al die skenkings kon na Pretoria vervoer word.

“Die luisteraars is die helde,” sê hy. “Ons het binne minute na ons die eerste keer daaroor op die lug gepraat het, die eerste Boks vir ‘n boer ontvang.”

Jansma vertel een vrou, wat nie eens haar naam wou gee nie, kontant by die stasie afgelaai het. “Dit is vir die boere, maak seker hulle kry dit,” het sy gesê.
“Toe ons dit tel, was dit R10 000 wat sy in ons vertroue geplaas het om dit deur te voer na waar dit nodig is,” sê Jansma.
Saterdag het ‘n groot Skankane-trok, twee kleiner trokke, en ‘n bakkie met ‘n sleepwa saam met ‘n konvooi ander trokke van Pretoria na Boshoff vertrek.
Daar sal die kos en hulp oorhandig word aan die plaaslike landbou-unie, waarna die vrouelandbou-unie dit sal versprei.
Vanessa Roets het meer:
4 Nov 2020 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kwagga trots op Marnus vir toetsbuiging

Dit is Bokweek in die Laeveld en onse eie Kwagga Smith het vandag die media te woord gestaan voor hul wedstryd teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag waarin die Nelspruiter Marnus van der Merwe sy toetsbuiging maak. Hy sê die Bomb Squad maak reg wat hulle teen Italië verbrou het en…
16 Jul 9AM 4 min

LDV rules

Wees op die uitkyk vir ons nuwe wiele, trots moontlik gemaak deur LDV. Neil Barker, die bemarkingsbestuurder, het kom inloer in die ateljee. Neels het voorheen die geleentheid gehad om met 'n LDV rond te rits vir 'n week. Hy vertel van die ervaring.
24 Jun 6AM 1 min

Derde massavergiftiging aangemeld in/naby Kruger

Nog 102 aasvoëls is vergiftig ontdek - hierdie keer in Lionspruit. VULPRO se Kerri Wolter sê dit is die derde soortgelyke voorval in die Krugerwildtuin-area en dit lyk nie asof dit vir muthi gedoen word nie.
19 May 9AM 9 min

Mindwalker spesialiseer in gedrag

Die metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM.
16 May 5AM 20 min

NHS- se landlopers presteer

Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive.
18 Apr 6AM 15 min