Vlieënier sterf in vliegongeluk naby Nelspruit-vliegveld
Loading player...
‘n Vlieënier is Vrydagmiddag dood toe sy vliegtuig buite Nelspruit-vliegveld neergestort het.
Netcare911 se helikopter-nooddienste was by die vliegveld toe die voorval plaasgevind het en het hulle na die toneel gehaas. Die ligte vliegtuig is deur vlamme verswelg.
André van Heerden van Summerfields Rose Retreat & Spa se liggaam is langs die wrak gevind.
Hy was die enigste insittende.
Volgens Kabelo Ledwaba van die burgerlugvaartowerheid word die omstandighede van die ongeluk ondersoek.