Inskrywings vir SA se eerste slimfoonfotokompetisie gesoek

Loading player...
Is jy ʼn ywerige fotograaf wat altyd jou selfoon byderhand hou om ʼn foto of twee te neem? Jou beste slimfoonfoto’s kan dalk net vir jou ʼn allemintige prys of twee wen, en erkenning as een van Suid-Afrika se top-slimfoonfotograwe besorg. Albert Bredenhann, professionele fotograaf en eienaar van Pixel Pro Photography, is die meesterbrein agter die nuwe Suid-Afrikaanse slimfoonfotografiekompetisie. Hy het met Maroela Media oor die kompetisie gesels.
11 Nov 2020 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Om te lees is om te verstaan

In hierdie episode van “SkoolSlim” verduidelik Lotta Engelbrecht waarom ʼn liefde vir lees reeds in die vroeë kinderjare begin en hoe ouers en onderwysers saam die grondslag vir ʼn leeftyd van leer kan lê.
30 Jul 30 min

SkoolSlim | Wie bepaal die toekoms van ons skole?

Dié vraag staan sentraal in die tweede episode van SkoolSlim se tweede reeks, waarin dr. Leandie Bräsler van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met dr. Wynand Boshoff, VF Plus-woordvoerder oor onderwys, gesels oor die invloed van die regering van nasionale eenheid (RNE) en die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys (Bela)…
17 Jul 27 min