#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Kersfees
Loading player...
Twee jarelange vriendinne en ‘n spesialis en mondchirurg se uiteenlopende wêrelde het bymekaar gekom om vandag as die Blissful Cleft Foundation vir ‘n babatjie ‘n glimlag vir Kersfees te gee!
Andrea Dos Santos, Suzanne de Beer en Dr. Sharan Naidoo is die direkteure en stigters van hierdie niewinsgewende organisasie wat nie net fondse insamel vir operasies nie, maar ook waardevolle bewusmaking doen rondom gesplete lippe en verhemeltes. Dr. Naidoo gee sy vaardigheid en tyd pro bono en as ‘n span maak hulle ‘n vir-altyd-glimlag moontlik vir ‘n gesin wat dit andersins nie sou kon bekostig nie…