Mpumalanga se Covid-19-ondersoek steeds nie afgehandel nie
Loading player...
‘n Ondersoek na ongeruimdhede in Covid-19-aankope in die provinsie wat twee weke moes duur, is na 12 weke nog nie afgehandel nie.
Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het gister bevestig dat sy nog net ‘n tydelike verslag daaroor ontvang het.
Die provinsiale departemente van sport en samewerkende regering, die tesourie, Mpumalanga-toerisme-en-parkeraad en die Mpumalanga-agentskap vir ekonomiese groei se uitgawes vir Covid-19 word ondersoek.
Mtshweni-Tsipane het op 19 Augustus aangekondig dat verskeie onreëlmatighede geïdentifiseer is in hierdie vyf entiteite se keuse van verskaffers.