Nelsville se water Woensdag afgesit

Loading player...
Nelsville se water sal Woensdag vir sowat 12 ure afgesit word, sodat ‘n gebarste pyp onder ‘n elektriese transformator vervang kan word.
Inwoners sukkel sedert Sondagaand met watertekorte, sedert die pyp op verskillende plekke gebars het.
Woordvoerder van Silulumanzi, Richmond Jele, verduidelik dat die pyp nou tydelik herstel is.
Die vervanging sal om 07:00 begin en moontlik tot 19:00 duur.
Jele waarsku dat Matumi se krag ook tydelik afgesit sal wees.
17 Nov 2020 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kwagga trots op Marnus vir toetsbuiging

Dit is Bokweek in die Laeveld en onse eie Kwagga Smith het vandag die media te woord gestaan voor hul wedstryd teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag waarin die Nelspruiter Marnus van der Merwe sy toetsbuiging maak. Hy sê die Bomb Squad maak reg wat hulle teen Italië verbrou het en…
16 Jul 9AM 4 min

LDV rules

Wees op die uitkyk vir ons nuwe wiele, trots moontlik gemaak deur LDV. Neil Barker, die bemarkingsbestuurder, het kom inloer in die ateljee. Neels het voorheen die geleentheid gehad om met 'n LDV rond te rits vir 'n week. Hy vertel van die ervaring.
24 Jun 6AM 1 min

Derde massavergiftiging aangemeld in/naby Kruger

Nog 102 aasvoëls is vergiftig ontdek - hierdie keer in Lionspruit. VULPRO se Kerri Wolter sê dit is die derde soortgelyke voorval in die Krugerwildtuin-area en dit lyk nie asof dit vir muthi gedoen word nie.
19 May 9AM 9 min

Mindwalker spesialiseer in gedrag

Die metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM.
16 May 5AM 20 min

NHS- se landlopers presteer

Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive.
18 Apr 6AM 15 min