Krugerwildtuin rig pleidooi vir inligting oor vermiste veldwagter

Loading player...
Sanparke het aangekondig dat die soektog na hul vermiste veldwagter steeds voortduur.
Checkers Mashego het verlede Dinsdag in die Krugerwildtuin vermis geraak. Hy is laas in die Stolsnek-area gesien.
Die polisie, Sanparke en gemeenskap soek sedertien na hom.
Volgens die wildtuin se Ike Phaahla, hoop en bid hulle vir Mashego se veilige terugkeer.
Hulle het ‘n beroep gedoen op die publiek vir enigiemand met inligting om hulle te kontak by 076-801-9679.
25 Nov 2020 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Derde massavergiftiging aangemeld in/naby Kruger

Nog 102 aasvoëls is vergiftig ontdek - hierdie keer in Lionspruit. VULPRO se Kerri Wolter sê dit is die derde soortgelyke voorval in die Krugerwildtuin-area en dit lyk nie asof dit vir muthi gedoen word nie.
19 May 9AM 9 min

Mindwalker spesialiseer in gedrag

Die metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM.
16 May 5AM 20 min

NHS- se landlopers presteer

Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive.
18 Apr 6AM 15 min

Robs wen eerste Track & Field

Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles.
17 Apr 5AM 13 min

'Drag races' bekommer inwoners toenemend

Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik.
14 Apr 10AM 9 min