Toegang tot Malelane-hek Vrydag moontlik belemmer
Loading player...
‘n Beplande protesaksie kan na verwagting more toegang tot die Krugerwildtuin ontwrig.
Dit is glo weens ‘n arbeidsdispuut op ‘n plaas buite die wildtuin.
Die plaas is langs die R570-pad wat na die Malelane-hek lei.
Volgens die woordvoerder van die Nasionale Krugerwildtuin, Ike Phaahla, kan dit toegang tot die hek belemmer.
Hy het mense aangeraai om eerder ander ingange, soos Pabeni- en Kruger-hekke, te gebruik om die wildtuin binne te gaan of te verlaat.