Vermiste veldwagter se oorskot moontlik gevind
Loading player...
Die polisie glo hulle het moontlik die oorskot van die vermiste veldwagter, Checkers Mashego, in die Krugerwildtuin gevind.
Hulle het laat gister op menslike oorskot afgekom, nie ver van waar Mashego ‘n maande gelede in die Stolsnek-area vermis geraak het nie.
Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, het hulle ook ander items op die toneel gevind wat deur veldwagters gebruik word, wat moontlik aan Mashego kon behoort het.
Die oorskot is vir forensiese analise gestuur om dit te bevestig.
Mashego se familie is van die fonds in kennis gestel.