Geredde honde dalk uitgesit oor invoerregulasies
Loading player...
Vier honde wat verlede week uit kratte by die Lebombo-grenspos gered is, sal moontlik van kant gemaak moet word, omdat hulle nie volgens regulasies ingevoer is nie.
Die Nelspruit en Witrivier DBV’s het hulle Woensdagaand gaan haal, nadat hulle deur doeanebeamptes gekonfiskeer is.
Hulle is in twee kratte by ‘n taxi-staanplek gelos.
Die eienaar het intussen laat weet sy het iemand betaal om hulle deur die grens van Mosambiek af te bring.
Lize Pienaar verduidelik hulle wag vir die staatsveearts om ‘n besluit te neem oor wat met die honde moet gebeur.