TRAC-werknemer in die hof vir bedrog
Loading player...
‘n Werknemer van TRAC verskyn vandag in die Belfast-landdroshof, nadat sy Maandag deur die Valke in hegtenis geneem is weens bedrog.
Die vrou het by die Machado-tolhek gewerk.
Volgens Valke-woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, het sy glo ‘n kredietkaart gebruik om motoriste se tolgelde te betaal, en hul kontant in haar sak gesteek.
Dit het TRAC na bewering honderde duisende Rande gekos.
‘n Tweede verdagte, wat die kredietkaart sou verskaf het, se arrestasie is op hande.