Vermeende onwettige myners in Barberton vasgetrek
Loading player...
Twaalf vemeende onwettige myners is Woensdag deur die Valke in Mpumalanga by Barberton Mines gearresteer op aanklagte van onwettige mynery.
Volgens die Valke se woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, is die onwettige goudsmeltery op Brown-plaas ontbind.
Die polisie se gespesialiseerde nasionale intervensie-eenheid, bom-eenheid, 'n taktiese span, SSG Sekuriteit, Barberton-polisie en die die plaaslike kriminele rekordsentrum was deel van die operasie.
'n 20-jarige is ook aangekeer vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen.
Die operasie duur voort en nog arrestasies word verwag.