Mpumalanga gereed om eindeksamen te merk
Loading player...
Amper 5 000 mense sal vanaf Woensdag begin merk aan die grootste eksamen wat die Mpumalanga onderwysdepartement nog ooit moes behartig.
Sowat 94 000 matrikulante het 2020 se eindeksamen afgelê.
Die aantal merksentrums is van 16 na 19 vermeerder, om te verseker almal kan by die inperkingsregulasies hou.
Die merkers ontvang vandag en more oriëntering, met die merkery wat Woensdag in alle erns afskop.
Die uitslae word op 23 Februarie bekendgemaak.
Jasper Zwane sê elke poging word aangewend om te verseker nabye kontak tussen personeel kan vermy word.