Vertragings by Lebombo-grens nou beter
Loading player...
Die bestuurder van die Lebombo-grenspos het die lang vertragings voor die deur gelê van mense wat sonder negatiewe Covid-toetse by die grens aankom.
Na berig het uiters besige toestande by die Lebombo en Ressano Garcia-grensposte die afgelope twee dae massiewe ophopings veroorsaak soos mense wag om Suid-Afrika binne te kom.
Volgens Obed Maditsi het hulle intussen 'n aparte ry vir Suid-Afrikaners geskep.
Mense sonder geldige negatiewe toetse moet by die grens getoets word. Suid-Afrikaners word by Nutting House in kwarantyn geplaas, en ander word weggekeer.