Barberton-vroue deur heldedaad gered toe gasbottel vlam vat
Loading player...
Twee vroue is Dinsdagoggend in Barberton van ‘n moontlike ramp gered toe ‘n gassillinder in hul huis vlamgevat het.
Avril van Dyk vertel sy wou met 'n nuwe gasbottel vir haar ma kosmaak, toe die hele sillinder aan die brand slaan.
Sy het Hi-Tech Sekuriteit gekontak en Sunday Ntimba was binne minute daar.
Hy het ‘n kombers oor die bottel gesit, maar nie tyd gehad om dit nat te maak nie. Hy het die gasbottel opgetel en uit die huis gerol, voor dit moontlik kon ontplof.
Ntimba het met sy heldhaftige optrede ligte brandwonde aan sy hande opgedoen.
Van Dyk sê hy was baie dapper.
Volgens hom is dit bloot sy werk om mense veilig te hou.