Medelye stroom in vir Jackson Mthembu
Loading player...
Medelye het vandag van alle oorde ingestroom vir Jackson Mthembu, minister in die presidensie en 'n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, nadat pres. Cyril Ramaphosa bevestig het dat hy weens Covid-19 gesterf het.
Mthembu het op 11 Januarie op Twitter aangekondig dat hy positief getoets het vir die virus.
Hy was oorspronklik van Mpumalanga.
Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane sê die provinsie het ‘n ware seun verloor. Hy is as ‘n onbaatsugtige, etiese en beginselvaste leier beskryf.