Groot reën Sondag verwag: Hier is die Laeveld se voorspellings
Loading player...
Eloise is vanoggend weer afgegradeer tot ‘n matige tropiese storm, nadat dit Mosambiek bereik het.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan dit vanaand reeds in die Laeveld begin reën, maar die swaarste neerval word more verwag.
Voorspeller Wayne Venter, sê die area van Skukuza tot Nelspruit kan tussen 50 en 100 millimeter binne 24 uur verwag.
Die Blyderiviercanyon en Graskop op die platorand behoort meer te kry.
In Barberton se rigting kan tot 150 millimeter tussen Sondag en Maandag val.