Barberton se damvlakke styg dramaties
Loading player...
Inwoners van Barberton kan daarna uitsien om eersdaags weer elke dag water te hê.
Die dorp ervaar vir maande reeds beurtwater, maar dit het so min geword dat sekere areas vir dae aaneen sonder water is.
Die Lomati-dam se watervlakke het sedert Saterdag egter van 14% tot 24,8% verbeter weens die goeie reën wat in die opvangsgebied geval het weens tropiese storm Eloise.
Raadslid, Philip Minnaar, sê beurtwater en waterbeperkings is hier om te bly, maar hulle behoort, sonder om nog groot reën te kry, tot die volgende reënseisoen genoeg water te hê.