Mpumalanga se premier erken skuld, betaal boete
Loading player...
Mpumalanga se premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het haarself gister by die polisie in eMalahleni aangemeld en ‘n skulderkenning beteken asook ‘n boete betaal.
Dit nadat sy Sondag by die ontslape minister Jackson Mthembu se begrafnis gewaar is, sonder ‘n gesigmasker. Mthembu is Donderdag weens Covid-19 oorlede.
Volgens Mtsweni-Tsipane het sy ook 1 000 gesigmaskers gekoop wat in eMalahleni versprei sal word, as deel van ‘n openbare bewusmakingsinisiatief oor die ernstige aard van die virus.
Sy het om verskoning gevra.
Die DA-leier in die provinsie, Jane Sithole, sê sy moet ook voor die portefeuljekomitee oor die premier se kantoor in die provinsiale wetgewer verskyn.