#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n GEE-hart ontvang soms moeilik
Loading player...
Norma Breytenbach (of Tannie Norma) is ‘n besonderse mens met buitengewone gee- en omgee-hart. Sy is ‘n steunpilaar in die gemeenskap, wat soms ten koste van haarself aan ander sal voorsien – dier EN mens. Haar rykdom lê nie in weelde nie, maar in liefde en diensbaarheid. In die aanneem en versorging van weggooi-honde, en in haar familie, waar sy ook tans, sonder ‘n inkomste, na haar suster omsien.
Tannie Norma moes onlangs al haar juwele verkoop vir kos – onder andere haar geliefde Pa se trouring. Nie vir kos vir haarself nie, nee. Kos vir haar ‘kinders’ soos sy na hulle verwys. As iemand weet van ‘n hond wat ‘n huis soek, ‘n hond optel, of as daar ‘n hond by ‘n diereskuiling aankom en nie goed in- en aanpas nie, dan is Tannie Norma se nommer op ‘speed dial’. Sy vertel haar storie...