Ses mense al dood in Mpumalanga weens oorstromings
Loading player...
Ses mense is nou al bevestig as dood in Mpumalanga sedert tropiese storm Eloise verlede Sondag swaar reën gebring het.
Volgens George Mthethwa, woordvoerder van die departement van samewerkende regering, soek duikers ook na verskeie mense wat weens die vloede vermis geraak het.
In die Laeveld word Blok B in Nkomazi en ‘n deel van KaNyamazane tans deur oorstromings geraak.
Motoriste is ook gemaan om drie brue in Mkhondo te vermy.
Mthethwa sê mense moet oorstroomde riviere vermy.