Drie vas vir Bongani Mountain-brand
Loading player...
Drie mans verskyn vandag in die KaNyamazane-landdroshof op klagte van brandstigting en die besit van gesteelde goedere na Bongani Mountain Lodge by Mthethomusha langs die Nasionale Krugerwildtuin op 31 Januarie afgebrand is.
‘n Saak van ontwettige jag word ook ondersoek na karkasse van onder meer rooibokke, njalas en ‘n klipspringer Sondag in die reservaat ontdek is.
Die polisie se Brigadier Leonard Hlathi sê hulle ondersoek ook beweringe dat polisielede traag was om by die brand op te tree asook die dood van ‘n man in Matsulu.