Dodetal weens vloede styg tot nege in Mpumalanga
Loading player...
Die dodetal in die provinsie weens verdrinkings na oorstromings het tot nege gestyg met die ontdekkings van die 13-jarige seun in Donkerhoek na wie se liggaam vir dae gesoek is.
Volgens die departement van samewerkende regering se George Mthethwa word daar steeds gesoek na die ander vier mense wat steeds vermis word.
Die ergste reën blyk egter vir eers verby te wees met die gevolg dat die situasie behoort te stabiliseer.
Die gekonsolideerde syfers van die skade sal nou aan die nasionale regering voorgelê word vir finansiële hulp.