Laeveld maak gereed vir nog reën
Loading player...
Alle reddingspanne in Mpumalanga is op ‘n hoë gereedheidsvlak vir nog ontwrigtende reën wat vanaf more verwag word.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal dit bes moontlik weer vloede veroorsaak wat reeds die afgelope weke groot skade aan huise en paaie verrig het.
Jacques Benade van Mpumalanga-rampbestuur sê meer as 700 huise is reeds beskadig.
Die dodetal in die provinsie weens oorstromings staan op 9. Twee mense word nog gesoek, en een is ongedeerd opgespoor.