Mulders bedank gemeenskap op internasionale Angelsman-dag
Loading player...
Vandag is internasionale Angelsman-dag.
Die sewe-jarige Jesslyn Mulder wat by Pro-Gratia skoolgaan, ly aan hierdie uiters seldsame sindroom. Dit is 'n genetiese mutasie wat die senuweestelsel aantas.
Simptome sluit in epileptiese aanvalle, en hoewel Jesslyn kan loop, kan sy nie praat nie.
Die Mulders was van 10 tot 14 Februarie die begunstigdes van Mopani-apteek se liefdadigheidsuitdaging, om fondse in te samel vir haar mediese onkostes.
Vir elke kilometer wat drawwers en fietsryers afgelê het, het die apteek R1 geskenk.
Trotse Pa Hugo het die gemeenskap vir hul betrokkendheid bedank.