Seekoei gewaar in Witrivier se strate
Loading player...
Inwoners van Witrivier is gewaarsku om op hul hoede te wees vir ‘n seekoei wat in die dorp opgemerk is.
Volgens Gait Jan Sterk van die MTPA het ‘n sekerheidsmaatskappy die dier vanoggend vier-uur in Swartbergstraat gesien.
Inwoners is gevra om versigtig te wees, aangesien seekoeie veral snags rondbeweeg, en moontlik aan die kort gras voor huise sal vreet.
Enigiemand wat die seekoei gewaar, moet dit dadelik by die MTPA aanmeld. Kontak 072-496-1254.