Witrivier se seekoei veilig verskuif
Loading player...
Die jong seekoeibul wat sedert Donderdagaand in Witrivier se strate opgemerk is, is Saterdagaand suksesvol gevang en verskuif.
Chris Hobkirk van die Mpumalanga-toerisme-en parkeraad, sê die dier is skynbaar deur ‘n ander bul uit die rivierstelsel verjaag.
Hy is verdoof en geskuif na een van die parkeraad se fasiliteite van waar hy vrygelaat sal word.
Volgens Hobkirk was die seekoei nie op sigself ‘n probleem nie, maar het mense se nuuskierigheid die situasie gevaarlik gemaak.