
KI(ltuur) - waar kultuur en KI se paaie kruis
KI(ltuur) is die Kultuurtuiste se podsending oor die kruispunt tussen kunsmatige intelligensie en kultuur. Ons ondersoek die impak van KI op alles van ons erfenis en Afrikaanse musiek tot toerisme, joernalistiek, media en ledebestuur. Prakties, nuuskierig en soms uitdagend – ons vra hoe ons KI kan gebruik om ons kultuur te beskerm, te ontwikkel en vir die toekoms relevant te hou.

