Suid-Afrikaanse hoenderprodusente het genoeg kapasiteit om die verlies van hoendervleis-invoere uit Brasilië weens ’n voëlgriepuitbraak daar te vergoed, sê Izaak Breitenbach, hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPA) se braaihoenderafdeling.
Die Cheetahs het die afgelope naweek vir die eerste keer in hul nuwe trui, waarop die logos van DEKALB en Bayer pryk, gespeel. Vrystaat Rugby hoofuitvoerende beampte Rory Duncan, en Bayer Crop Science se Johan Bibbey praat by die bekendstelling tydens Nampo…
NAMPO 2025 sal veral gekenmerk word aan die aantal besoeke van hooggeplaasdes, soos president Cyril Ramaphosa, wat die ekspo ook as ‘n boer besoek en aankope gedoen het. Kort of sy hakke het adjunk-president Paul Mashatile gevolg…
Die Suid-Afrikaanse regering vergader vandeesweek met die Amerikaanse regering om handelsbande te probeer versterk. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger het tydens Graan SA se NAMPO Oesdag, met landbouminister John Steenhuisen oor die impak van die sektor gesels…
Farmer’s Weekly editor Janine Ryan tells us more about the latest issue, which hits shelves today. Or read more online at farmersweekly.co.za and follow their social media pages for regular updates.
Johan Gunter gesels hierdie Vrydag met OVK se John Melville oor die winter wat oppad is met die kouefronte wat reeds toeslaan; en Dawie Killian met die nuutste pryse uit die wolkantoor…
As deel van OFM Agri se reeks oor mites en wanpersepsies in die landboubedrywe, hoor ons ook van die Suid-Afrikaanse Pluimvee Vereniging (SAPV) waarmee hulle te kampe het. Izaak Breitenbach, hoof van die braaikuikenafdeling, gesels met OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger.
OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, hoor oor ‘n opwindende fondsinsamelingsprojek wat by Nampo van stapel gestuur is. Sy gesels met Agri Securitas se Cobus van Zyl en Sanmarie Schlebusch van Idalia Holdings…
Verbruikers kla dikwels oor die hoë prys van rooivleis in Suid-Afrikaanse winkels, maar volgens dr. Frikkie Maré, hoof uitvoerende beampte van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), moet hierdie prys in konteks gesien word.
Die beheer van bek-en-klouseer in Suid-Afrika bly ‘n groot kopseer. Red Meat Industry Services se hoof-uivoerende beampte, Dewald Olivier, vra egter vir groter omsigtigheid wanneer gesprekke rondom dit gevoer word. Elzette Boucher-Kruger het met hom op NAMPO Park gesels…
Moderne graanverbouing is deesdae baie meer as net saai, oes en verkoop. Dr. Tobias Doyer, hoof uitvoerende beampte van Graan SA, meen boerdery verg uitgebreide tegniese kennis, groot finansiële beleggings en gesofistikeerde tegnologie, en is dit ver verwyder van die romantiese beeld van ’n eenvoudige plaaslewe.
Dis krities om die regte beeld van Suid-Afrikaanse landbou internasionaal oor te dra. Johann Kotzé, hoof uitvoerende beampte van AgriSA, het onlangs van ’n besoek aan die Verenigde State teruggekeer en sy insigte oor die verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika met OFM Agri gedeel.
Die 2024/25 somergraanoesseisoen in Suid-Afrika het talle uitdagings vir mielie- en sojaboonprodusente ingehou, met onvoorspelbare weer, siekte-uitbrekings en plaagprobleme wat opbrengste en graankwaliteit bedreig het. Hanlie Geldenhuys, landboukundige by Syngenta Suid-Afrika, beskryf die seisoen as ‘vreemd’ en beklemtoon dat risikobestuur nou noodsaakliker as ooit is.
Sindira Chetty, digital editor of Farmer’s Weekly shares an overview of the latest edition, now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.
Johan Gunter gesels verder met John Melville oor probleemdiere en hoe om dit te hanteer en Dawie Killian het nuus uit die OVK wolkantoor.
9 May 12AM
4 min
220 – 240
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.