Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,008 Episodes
1200 – 1220

Suid-Afrikaners kry nuwe digitale identiteite

'Die belangrikste punt van alles is dat dit 'n veilige, geverifieerde stelsel gaan wees, waar niemand jou identiteit kan steel nie': Dr Leon Schreiber – minister van binnelandse sake.
7 Feb 11AM 10 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS en Elke Brink, direkteur en adviseur by PSG Route 21, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
7 Feb 11AM 22 min

Goudprys fluks op pad na $3000

Henco Kruger bespreek die markte, en Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor die goudprys en die beweging van die rand.
7 Feb 11AM 7 min

Gaan die president ’n staatsman wees?

Pres. Cyril Ramaphosa lewer vanaand sy Staatsrede met die tema: "'n Nasie wat werk vir almal". Dawie Roodt, stigter en hoofekonoom van die Efficient-groep, en Tim du Plessis, veteraanjoernalis en kommentator, gesels oor wat hulle verwag.
6 Feb 10AM 17 min

Goud skitter

Henco Kruger gesels oor die markte, en Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft, gesels oor die goudprys se nuwe hoogtepunt en Sasol se handelsverslag.
5 Feb 11AM 8 min

Is SA se lugruim veilig?

Carel Gersbach, senior bestuurder van tegniese beplanning en kwaliteit by Air Traffic and Navigation Services (ATNS), bespreek die veiligheid van Suid-Afrika se lugruim.
5 Feb 11AM 11 min

Maak gereed om tot 80 jaar te werk

Hennie Fourie, welvaartbestuurder by PSG Wealth Pretoria-Oos, gesels oor die aftreeouderdom in Suid-Afrika en hoe die gemiddelde Suid-Afrikaner genoeg fondse kan bymekaarmaak vir aftrede.
4 Feb 11AM 6 min

Is daar hoop vir Ashton-vrugtefabriek?

'Die uitdaging is om ’n medebelegger vir die boere te kry wat aan die banke se vereistes sal voldoen': Jacques Jordaan – uitvoerende hoof, Inmaakvrugteprodusentevereniging.
4 Feb 11AM 8 min
1200 – 1220