GROOTfm 90.5 #LunchPunch met Francois van Rensburg

#LunchPunch met Francois van Rensburg

Vryheidliewend, passievol, selfaanwysend, nuuskierig, avontuurlik.
Francois van Rensburg weeksdae tussen 12:00 en 15:00
Monthly Afrikaans South Africa Music
782 Episodes
460 – 480

Lunch Punch: Joe Foster kuier in die Boomhuis-ateljee

Die bitter talentvolle musiekman, Joe Foster, bly deesdae in Knysna. Voete op die sand en hande in die meel, bedryf hy sy eie bakkery. Maar hoe verskil die gebak-en-brou van die musiekbedryf? Hy vertel vir Francois meer.
15 Mar 2022 31 min

Lunch Punch: Francois kuier aan huis by Steve Hofmeyr

Met die oog op sy jongste vertonings by die Atterbury Teater, ontmoet Francois die sanger, skrywer, akteur en dikwels kontroversiële Steve Hofmeyr in 'n rustiger milieu. Hulle gesels aan huis oor die roete van sy loopbaan.
22 Feb 2022 38 min

Lunch Punch: Dulinda Pieters & Bennie Boekwurm gesels oor die Jakaranda Liggiefees

Dis vir GROOTfm 90.5 ‘n GROOT voorreg en lig-skyn-lekkerte om hierdie jaar ‘n mediavennoot van die Jakaranda Liggiefees te wees. Dulinda Pieters van EnterActive Productions en Bennie Boekwurm vertel ons meer. Die Liggiefees is vir die Jakaranda- asook Louis Botha Kinderhuise ‘n geweldige groot jaarlikse finansiële inspuiting.
9 Dec 2021 20 min

Lunch Punch: Anna Davel oor 20 in Atterbury Kollig

Hierdie is ‘n nostalgiese terugblik op 20 jaar van road trips, grondpaaie en kronkelpaaie. Never a dull moment. En uit elke avontuur word daar ‘n song gebore. Kom geniet musiekhoogtepunte met ‘n verskeidenheid so reg in Anna se styl; ‘n program van oorspronklike musiek uit haar eie pen. Die gehoor…
26 Nov 2021 1 min

Lunch Punch: Schalk Bezuidenhout Sing Sleg in Atterbury Kollig

Schalk Bezuidenhout is bekend as ’n vreeslose én skreeusnaakse komediant. Sy videos op Instagram en Facebook is vir tienduisende Suid-Afrikaners die beste lagmedisyne sedert die lockdown begin het. Schalk tree op by die Atterburyteater met ’n splinternuwe vertoning wat Afrikaanse stand-up komedie met vlymskerp oorspronklike liedjies en musiek – oor…
19 Nov 2021 2 min

Lunch Punch: Simoné Roets oor Ongerep saam met Joshua Na Die Reën

Na die vrystelling van haar eerste Afrikaanse enkelsnit en musiekvideo 'Dans in die Donker', deel die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Simoné Roets, (wat deesdae in Australië bly) haar nuwe liedjie 'Ongerep' met die wêreld. Nie net het sy saam met die top-vervaardiger, Jattie de Beer, hieraan gewerk nie, sy het…
15 Nov 2021 26 min
460 – 480