GROOTfm 90.5 #LunchPunch met Francois van Rensburg

#LunchPunch met Francois van Rensburg

Vryheidliewend, passievol, selfaanwysend, nuuskierig, avontuurlik.
Francois van Rensburg weeksdae tussen 12:00 en 15:00
Monthly Afrikaans South Africa Music
714 Episodes
440 – 460

Lunch Punch: Ilne Nienaber groet dokter Elana van Binnelanders

Die aktrise, Ilne Nienaber, is opgewonde om nou meer tyd saam met haar gesin te spandeer en self te besluit hoe sy haar hare wil sny. Sy praat met Francois oor die besluit om haar karakter, dokter Elana Bester, in Binnelanders, vaarwel te roep.
21 Jul 2021 18 min

Lunch Punch: Christia Visser oor Beste Leuen Wen

Ons het haar eers leer ken as aktrise, maar vroeg in 2019 reik Christia Visser haar eerste solo enkelsnit en daarna ook 'n SAMA-genomineerde album uit. Sy kom gesels oor haar loopbaan, die getroude lewe en haar nuwe vrystelling 'Beste Leuen Wen'.
16 Jul 2021 28 min

Lunch Punch: Camino oor 'Burning Fire' enkelsnit

Camino van Mississippi gesels met Francois vanaf LA oor die 'Burning Fire' enkelsnit en video vanaf sy nuwe EP. Geïnspireer deur sy oom Wallace en tannie Peggie... Luister hier na die aangrypende verhaal van hoe hy basies van die straat af in Akon se Ferrari beland het en selfs vir…
15 Jul 2021 11 min

Lunch Punch: Marion Holm oor die lewe en Die Voordele Van Eierwit aanlyn

Die veelsydige aktrise, Marion Holm, vertel hoe sy uitdagings in haar lewe die hok slaan. Sy bly positief oor die lewe en haar loopbaan te midde van onvoorspelbare omstandighede en deel meer oor die aanlyn weergawe van Die Voordele Van Eierwit, 'n produksie wat sy saam met Margit Meyer-Rödenbeck aangepak…
28 Jun 2021 25 min

Lunch Punch: Emile Welman van Overtone oor Sprokiesland

Emile Welman (vroeër van die groep Overtone) se eerste Suid-Afrikaanse enkelsnit as solo-kunstenaar is onlangs uitgereik. Hy vertel ook hoe sy pad met Clint Eastwood & sy destydse vrou, Dina, gekruis het. Luister na sy tuimeltrein-rit tot dusver…
14 Jun 2021 24 min

Gister Se Grotes: Vriende & kollegas onthou Shaleen Surtie-Richards

Mari Molefe van Heerden, Frans Swart, Casper de Vries, Heidi Bothma du Toit, Simon Rademan, Johny Klein, Hennie Smit & Lizz Meiring onthou vir Shaleen. Die veteraan aktrise is die afgelope week in die ouderdom van 66 oorlede. Haar staatsbegrafnis is op Sondag 13 Junie 2021 regstreeks vanaf Kaapstad op…
13 Jun 2021 12 min

Lunch Punch: Shaleen Surtie-Richards kort terugblik

Die geliefde aktrise Shaleen Surtie-Richards se liggaam is Maandagoggend op 66-jarige ouderdom in ‘n gastehuis in Kaapstad gevind. Hier is ‘n kort terugblik na een van haar gesprekke met GROOTfm tydens die ‘re-run’ van die immergewilde teaterproduksie “Fiela Se Kind” wat ‘n paar jaar gelede weer deur Lefra Produksies op…
7 Jun 2021 1 min

Lunch Punch: Margit Meyer-Rödenbeck groet Dowwe Dolla

Margit Meyer-Rödenbeck, veral bekend as Dowwe Dolla, is aktrise, komediant, sosiale kommentator en teatervervaardiger. Margit en Dolla kom vir middagete en vertel hoekom Dolla haar stilettos ophang na meer as twee dekades van opvoerings.
19 May 2021 31 min

Lunch Punch: Dowwe Dolla oor Nou Of Nooit in Atterbury Kollig

Dowwe Dolla het beplan om einde 2020 haar stiletto’s op te hang en haar lollie op Gumtree te verkoop, maar antie Corona en haar niggie Nkosozana het haar koebaai-waai effe vertraag, maar vandag is Dolla terug met ‘n vertoning in Pretoria, Nou Of Nooit, Woensdagaand 19 Mei en Dinsdagaand 25…
14 May 2021 10 min
440 – 460