GROOTfm 90.5 #LunchPunch met Francois van Rensburg

#LunchPunch met Francois van Rensburg

Vryheidliewend, passievol, selfaanwysend, nuuskierig, avontuurlik.
Francois van Rensburg weeksdae tussen 12:00 en 15:00
Monthly Afrikaans South Africa Music
783 Episodes
580 – 600

Lunch Punch: Cato Bekker oor Die Uitnodiging op kykNET

Die Uitnodiging is 'n splinternuwe realiteitsreeks wat onlangs op kykNET begin wys het. Met die afgelope inperking het mense opnuut besef hoe belangrik verhoudings in die lewe is. Cato Bekker is die aanbieder en vervaardiger van hierdie program wat poog om mense met mekaar te versoen.
16 Oct 2020 5 min

Lunch Punch: Gerduan Kemp oor Sesde Sintuig

Die Bloemfonteinse sanger en fotograaf Gerduan Kemp het kom gesels oor sy splinternuwe enkelsnit Sesde Sintuig. Geskryf deur Johan Oberholzer en vervaardig deur Murray Lubbe.
16 Oct 2020 19 min

Lunch Punch: Frank Opperman oor Steeds Donkie in Atterbury Kollig

Frank Opperman is 'n huishoudelike naam. Maar net soos baie ander akteurs kon hy die afgelope paar maande nie voor gehore optree nie. Hy gesels oor sy opvolgproduksie "Steeds Donkie" en vertel opgewonde hoe hy besig is met repetisies hiervoor. Die vertoning is op 25 Oktober 2020 by die Atterbury…
16 Oct 2020 5 min

Lunch Punch: Stefan Jansen oor Verdienste & Genade

Plaaslike sanger, musikant en liedjieskrywer Stefan Jansen is al oor die afgelope sestien jaar in die musiekbedryf doenig. Hy stel sy nuwe enkelsnit "Verdienste & Genade" eksklusief in die Lunch Punch vry. Ons vind meer uit oor sy skoolloopbaan, kitaarlesse, studies in Regte en musiek as goue draadjie deur dit…
14 Oct 2020 27 min

Lunch Punch: Andriëtte oor Hartsland

Andriëtte Norman het in 2007 landswyd ‘n huishoudelike naam geword nadat sy as naaswenner aangewys was in die vierde seisoen van Idols SA. Sy kom gesels oor Hartsland, haar 6de Afrikaanse albumuitreiking en verklap hoekom sy vir 'n rukkie stil was.
2 Oct 2020 22 min

Lunch Punch: Jae-Lynne van Aswegen - Jou Groot Talent sangafdeling wenner

Die twaalf-jarige Jae-Lynne van Aswegen van Laerskool Constantia Park in Pretoria, was self verbaas toe sy hoor haar ma het haar video ingeskryf vir die Jou Groot Talent kompetisie. Sy vertel ons hoe sy gevoel het nadat sy as wenner van die sangafdeling aangewys is en sing sommer vir ons…
18 Sep 2020 7 min

Lunch Punch: Yahto Kraft van The Voice Seisoen 3 oor Washed Away

Yahto Kraft van The Voice SA Season 3 het kom gesels oor sy nuwe enkelsnit, hoe dit voel om uniek te wees, verklap hy is al "ugly" genoem, wen is nie alles nie, mense wat sy stem vergelyk met Adam Lambert, hoe moeilik dit vir hom was om 'n afrigter…
31 Aug 2020 21 min

Lunch Punch: Johan C Venter kuier in die ateljee op Wêreld Fotodag

Johan C Venter is nie net 'n begaafde sanger & liedjieskrywer nie. Hy werk ook hard agter die skerms aan ander sangers se loopbane. Dit behels dikwels (onder andere) die hersien van album-omslae vir kunstenaars. Hy kom deel sy ervaring en mening met ons rondom hierdie tema op Wêreld Fotodag.
19 Aug 2020 22 min

Lunch Punch: Mandi du Plooy-Baard in Vrouemaand

Ons onderbreek Mandi du Plooy-Baard terwyl sy besig is met 'n fotosessie. Sy vertel in Vrouemaand waar haar loopbaan begin het, gee raad aan aspirant-akteurs en verklap hoe sy al die balle gelyktydig in die lug hou.
14 Aug 2020 15 min

Lunch Punch: Amy Tjasink oor Game Over ft Jimmy Nevis

Amy Tjasink oor Game Over ft Jimmy Nevis... Amy Tjasink is a singer-songwriter and multi-talented musician from Cape Town. Her first single since being in a Top 7 finalist on The Voice South Africa was heard across radio stations nationwide. "Spiderman Kiss" was also picked up by all major streaming…
12 Aug 2020 9 min
580 – 600