GROOTfm 90.5 Mirrag met Annelie

Mirrag met Annelie

Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!
Weekly Afrikaans South Africa Music
456 Episodes
380 – 400

Bipolêre gemoedsstoornis - Marenet Jordaan

Dit is Internationale Bipolêre gemoedsstoornis bewusmakings dag. Annelie gesels met haar vriendin Dr. Marenet Jordaan wat 20 jaar terug met Bipolêre gemoedsstoornis gediagnoseer is oor wat dit is om met die siekte saam te leef en dat mens steeds 'n hoogs funksionerende lewe kan lei.
30 Mar 2021 11 min

Watershed - Craig Hinds

Die "lead" sanger van Watershed Craig Hinds het met Annelie gesels oor hulle nuwe enkelsnit "Undone" en laat val dat Watershed 'n nuwe album oppad het.
26 Mar 2021 11 min

Christiaan Baartman

Christiaan Baartman het sy splinternuwe enkelsnit #voordiekerk eksklusief op #BrunchmetAnnelie kom vrystel.
8 Mar 2021 16 min

Spreeklewe - Lei my na U waters van rus

2 Tessalonisense 3:16 Die Here het vrede tussen Hom en ons gebring. Mag Hy nou ook aan julle sy wonderlike vrede gee. Mag julle dit op verrassende nuwe maniere in jul eie lewe beleef. Dink daaraan, die Here is altyd by julle almal.
3 Mar 2021 6 min

Spreeklewe - Carpe Diem!

Soms lewe ons so vir die toekoms of kyk so terug na die verlede dat ons vergeet om in die hier en die nou te lewe. Vandag is hier gryp dit aan
17 Feb 2021 7 min

Spreeklewe - Doen aan ander

Matteus 7:12 “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”
10 Feb 2021 7 min

Choc - Flip Flop Dag

Annelie het met die Hoof Maatskaplike werker Alta Bence en Ina Schomper Streeks bestuurder van CHOC (Childhood Cancer Foundation) gesels oor hulle werk en Flip Flop Dag wat on 12 Februarie 2021 plaasvind
4 Feb 2021 10 min

Spreeklewe - Vrede wat alle verstand te bowe gaan

Filipense 4:4-7 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle…
3 Feb 2021 6 min

MD Greyling

Die sanger MD Greyling het met Annelie kom gesels oor sy nuwe enkelsnit 'Veg en Bou' en oor die verandering in sy musiek styl.
27 Jan 2021 9 min

Spreeklewe - God se Wil is Groter

Wat beteken dit as mens sê "moenie dit oor jouself uitspreek nie" het jy regtig die krag om fisies goed oor jou lewe uit te spreek?
27 Jan 2021 8 min

Uit die mond van die Suigeling - Amélie

Hierdie week het ek vir klein Amélie wat 4 jaar oud is gevra "Hoekom slaan die donderweer" en ons luisteraars die kans gegee om te raai wat haar antwoord was.
14 Jan 2021 4 min

Spreeklewe - Nou is die perfekte tyd!

Galasiers 6 sê "dra mekaar se laste en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus" In hierdie moeilike tye is ons as gelowiges veronderstel om juis in ons element te wees. Nou is die tyd om Jesus se hande en voete te wees en God se liefde…
13 Jan 2021 5 min

Uit die mond van die suigeling - Karli Bouwer

Annelie gesels elke Donderdag met 'n kleuter of Peuter en vra hulle 'n lewensvraag. Jy kan dan raai wat jy dink hulle geantwoord het. Hierdie week het Annelie met haar broer se 5-jarige dogtertjie Karli gesels en vir haar gevra "Hoekom het Liewe Jesus bye gemaak?" Luister hier na wat…
7 Jan 2021 2 min

Spreeklewe - Moenie bang wees nie

Ons kyk na Jesaja 43:1-5 Jesaja sê nie dat jy nie deur swaarkry gaan, gaan nie. Jy gaan dalk deur riviere en vuur moet gaan maar Jesaja verseker ons dan dat jy nie hoef bang te wees nie en dat God saam met jou is.
6 Jan 2021 5 min

Brunch en KOPD Spar Blessings

#BrunchmetAnnelie en #KomOnsPraatDaaroor het 'n paar luisteraars verras met 'n R500 Spar Voucher of wat ons noem 'n Spar "Blessing". Baie dankie Spar en Geseënde Kersfees aan elkeen van ons luisteraars!
11 Dec 2020 7 min
380 – 400