GROOTfm 90.5 Mirrag met Annelie

Mirrag met Annelie

Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!
Weekly Afrikaans South Africa Music
456 Episodes
400 – 420

Spreeklewe - Vergifnis

Geseënd is die vredemakers sê Matteus 5:9 Wat beteken dit om 'n vredemaker te wees? Wat beteken dit om te vergewe? Hoekom moet ons vergewe?
18 Nov 2020 9 min

Rock of Hope - Plek van veiligheid

Wouter Prozesky en Lelanie Steyn van Rock of Hope ('n Plek van veiligheid vir babas) kom gesels oor hulle werk en oor aanneming
16 Nov 2020 11 min

Janie Bay

Janie Bay gesels met Annelie oor haar en Danie Reënwolf se nuwe enkelsnit "Ek glo nog in jou"
13 Nov 2020 6 min

Praat ek luister - Outisme

Dr. Isaura Ribeiro van Paeds in a Pod het op die #BrunchmetAnnelie kom gesels oor Outisme. Wat dit is en hoe dit gediagnoseer en behandel word.
12 Nov 2020 13 min

Spreeklewe - Spreek Heer U Dienaar luister

Wat beteken dit om alles aan God oor te gee? Kan jy nou agteroor sit en wag dat God alles uitsorteer? Nee om God te vertrou en alles aan Hom oortegee beteken om te wag vir Sy antwoord. Om te luister wat God van my verwag. 1 Samuel 3
4 Nov 2020 8 min

Spreeklewe - God in die stiltes

Ons kyk na 1 Konings 19. Soms verwag ons dat God in die Groot en onmiskykbare dinge is, dat wonderwerke net wonderwerke is as dit groot en hard en ongelooflik is... wat beteken ons kyk die klein dinge mis.
28 Oct 2020 7 min

Praat ek luister - Pleegsorg

Ds. Wynand van Niekerk van Moncare gesels oor Pleegsorg wat dit behels hoe dit werk en beantwoord moontlike vrae van voornemende Pleegouers
23 Oct 2020 15 min

Spreeklewe - Jy is geseënd

Weet jy dat jy geseënd is? Die wereld se prentjie van rykdom laat ons soms vergeet van alles waarmee ons geseën is en dat ons eintlik ryk is.
21 Oct 2020 8 min

Spreeklewe - Moenie kwaad met kwaad vergeld nie

Ons kyk na Spreuke 24 en Romeine 12:21 nadat Annelie op die volgende aanhaling van Fredriech Nietzsche afgekom het: "Beware that, when fighting monsters, you yourself do not become a monter... for when you gaze long into the abyss, the abyss gazes also into you"
7 Oct 2020 9 min

Praat ek luister - Disleksie

Annelie gesels met Spraakterapeut en Disleksie kenner Elna verhoef oor Disleksie; wat dit veroorsaak en die behandeling daarvan.
10 Sep 2020 18 min

Spreeklewe - Moenie Bang wees nie

Ons kyk na Jesaja 43:1-7 Wat sê "Moenie bang wees nie" Alhoewel 'n mate van angs nie sleg is nie en selfs daai vuur kan maak wat jy nodig het om belangrike besluite te neem ens. moet ons versigtig wees dat 'n oormaat van angs nie ons lewe oorneem nie.
2 Sep 2020 9 min

Praat ek luister - OCD

Annelie het met Dr. Pierre Malherbe 'n psigiater van Pretoria gesels oor OCD oftewel Obessesief-Kompulsiewe Versteuring. Wat is dit, wat veroorsaak dit en kan dit behandel word.
27 Aug 2020 17 min

Spreeklewe - Dankbaarheid

Annelie praat oor dankbaarheid en kyk na 1 Tessalonisense 5:16-18. Sy praat oor oom Freddie Blom wat die oudste man in SA was en die voorbeeld van dankbaarheid wat hy gestel het.
26 Aug 2020 5 min

Suzette Ferreira - Annique Theron

Ter viering van vrouemaand gesels Annelie met die dogter van Dr. Annique Theron - Suzette Ferreira. Hulle gesels oor die maatskappy wat haar ma begin het, die Rooibos "ontdekking" haar ma as besigheidsvrou en entrepeneur en as voltydse ma.
21 Aug 2020 10 min
400 – 420