Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,205 Episodes
700 – 720

Hoof van AHMP praat oor matrieksukses

Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria het 850 onderskeidings in die afgelope matriekeksamen ingepalm. Marna Jordaan, hoof van AHMP, loof die matrieks se sukses.
21 Jan 2022 1 min

100 jaar se Affies-meisies-staaltjies

Danielle Heyns, een van Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria se adjunkhoofde, en Louisa Slabbert, media-inligtingkundige van die skool, het in ʼn onderhoud met Maroela Media lusmakers uit die gedenkblad, getiteld ‘Afrikaanse Hoër Meisieskool 1920 – 2020: eenhonderd jaar van uitnemendheid’, gedeel.
17 Jan 2022 15 min

Bokse van hoop bied vertroosting aan ouers

Nanki Robbertse het ʼn uitreikprojek begin waar sy bokse van hoop vir ouers verskaf wat ʼn baba verloor het. Sy het ook ʼn boek oor haar eie verlies geskryf. Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met haar oor die projek gesels.
15 Dec 2021 18 min

Vertel jou stories oor die Grensoorlog in klank

Diensplig.org is ʼn platform waar Anelia Heese oudsoldate en hulle geliefdes se verhale oor die Grensoorlog in klankformaat wil vaslê. Sy het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media hieroor gesels.
15 Dec 2021 8 min

‘Permitted Plundering’ boeiende opsomming van staatskapingsjare

Dit is onmoontlik om die omvang van staatskaping in een boek weer te gee, maar dié boek gee ʼn uitstekende oorsig van hoe die legkaartstukke inmekaarpas.Christel Cornelissen van Maroela Media het met die skrywers Ilse Salzwedel en Rudie Heyneke gesels. Heyneke is Outa se staatskapingskenner en het navorsing vir die…
15 Dec 2021 5 min

’n Plan vir finansiële welvaart

In Wouter Snyman se gesprek met Maroela Media het hy praktiese raad gegee oor hoe jy skuld kan delg. Hy het ook ʼn eenvoudige plan verskaf om jou eerste spaar- of beleggingsplan aan die gang te kry en jy kan dit doen met so min as R5 per dag.
14 Dec 2021 18 min

Breinprofiel en geldsake: So werk jy met jou geld

Dr. Raché Rutherford is een van die medeskrywers van die boek "Rich Brain, Poor Brain". Sy het die boek saam met, dr. Kobus Neethling en Wouter Snyman aangepak. In die boek wil hulle lesers toerus met praktiese raad oor hoe om jou denke te belyn om vir jou groter finansiële…
14 Dec 2021 11 min

Kenner gesels oor broodbome

Tilania du Preez is ʼn kenner van broodbome. Sy het vroeër vanjaar met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels en ʼn paar feite oor die besonderse plantspesie verskaf. Tilania het ook van die Broodboom-stigting se planne vertel om ʼn tuin met die plante by die Voortrekkermonument aan te lê.
14 Dec 2021 15 min

‘Hotel’-akteurs sê vaarwel

Maroela Media het met Beer Adriaanse en Simoné Pretorius gesels oor hulle karakters in die gewilde kykNET-komediereeks ‘Hotel’.
13 Dec 2021 4 min

Bordspel verken Anglo-Boereoorlog

“Ons kultuur en erfenis verdien net die beste. Ek wil graag hê die bordspel moet ʼn bydrae lewer, veral ook tot die uitbou van Afrikaans.”
10 Dec 2021 6 min

Bring hoop aan kinders van die vervolgde kerk

Vicky Kente, woordvoerder van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Maroela Media gesels oor die vervolging van Christen-kinders. Sy het die verhale van twee kinders wat ernstige vervolging oor hulle geloof ervaar gedeel.
9 Dec 2021 6 min
700 – 720