100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,084 Episodes
120 – 140

Miss Teen SA-finalis fokus op YBC

Chriské Schwirzer, 'n Miss Teen SA-finalis, het die voorreg om fondse in te samel vir Young Beauties Care (YBC). Dit staan liefdadigheidsorganisasies en organisasies in nood by met die fokus op die omgewing, bejaardes, kinders, diere en KANSA.
10 Oct 2024 8 min

Boobie Buddies ondersteun vroue se welstand

Boobie Buddies is ‘n gemeenskap wat vroue ondersteun om saam ‘n verskil te maak. Vir Oktober, stel hulle daaglikse uitdagings om vroue te help fokus op hul fisiese gesondheid, welstand, leefstylkeuses en kreatiwiteit. Skoonsusters Lizé en Gené van der Merwe gesels met Amanda.
10 Oct 2024 17 min

Die avonture van Piet Pompies

Lanie Rischmuller, die vrou van Pieter Rischmuller, voorheen bekend as die kunstenaar Piet Pompies, werk reeds twee jaar aan 'n kinderboekreeks, "Die Avonture van Piet Pompies". "Ek het altyd vir ons kinders stories vertel van Piet Pompies wanneer Pappa weg was. Ek wil kinders en hul ouers graag op 'n…
9 Oct 2024 14 min

Refentse Blue Tick tops op Top 20

Refentse se jongste enkelsnit, "Blue Tick" het Saterdag die topposisie beklee op die 100.5FM Top 20. Hy gesels met Skedaddle.
7 Oct 2024 8 min

Die kuns van Taekwondo

Taekwondo-gevegskuns gaan eintlik oor ontwikkeling, eerder as om te leer hoe om te baklei. Scott McMillan kuier in Mbombela vanaf Skotland om die kuns te bevorder.
4 Oct 2024 8 min

Leraar boei met skreiende eerlikheid oor vaderskap

Norman Clack is 'n leraar aan die Unveiled Church in Krugersdorp, lid van die orkes Marikana en nou ook skrywer. In sy memoir, "I am my father's child" takel hy komplekse kwessies waarmee mans daagliks worstel. Hy kuier 'n bietjie in die Laeveld.
3 Oct 2024 9 min

SolarFlair maak provinsie trots by Sasol-sonkragkompetisie

Span MP SolarFlair het tydens die afgelope Sasol-uitdaging vyfde in die Challenger-kategorie geëindig, was vierde algeheel en eerste onder die Suid-Afrikaanse spanne. Klasie Botha en Graig Gebhart het hoeka vooraf gewaarsku hulle het vanjaar 'n besonders goeie elektriese voertuig.
3 Oct 2024 11 min

KLCBT-finaliste bekendgemaak

Die nominasies vir vanjaar se KLCBT-toekennings is sopas bekendgemaak. Lind Grimbeek deel dit met 100.5FM.
30 Sep 2024 4 min

Night of 1 000 stars breek weer aan

Vrydag is dit weer tyd vir die Night of 1 000 Stars by Sonpark in Mbombela. Sandra Jacobs vertel vir Sonop Ontbyt waarna gaste uit kan sien.
30 Sep 2024 10 min

'Hoe ek dit onthou' vandag op rakke

Die musikant Francois van Coke se outobiografie, Hoe ek dit onthou, verskyn vandag. Hy het op die vooraand van die vrystelling met Skedaddle gesels.
27 Sep 2024 12 min

Primary kannetjies het Bokkoors

Vyf van Nelspruit Primary se 0.9-spelertjies kuier op die vooraand van die Springbokke se toets teen Los Pumas in Mbombela by Skedaddle in die ateljee.
24 Sep 2024 7 min

Kolwyntjiepret die naweek

Jacki van Zyl van Cupcakes for Kids with Cancer is hard aan die werk voor Cupcake Day Saterdag by i'langa Mall gevier word, en sy gaan vir goud met 'n Springbok mosaiek.
24 Sep 2024 6 min

Beskerming van aasvoëls so noodsaaklik

Kerri Wolter van VulPro is ook genomineer vir 'n Indianapolis-prys, 'n baie gesogte prys wat natuurbewaarders vir hul werk vereer. Sy vertel hoekom aasvoëls een van dié belangrikste spesies in enige ekostelsel is.
20 Sep 2024 8 min

Skenk Maandag bloed en red lewens

Die SANBS benodig bloed en nooi jou om Maandag in Witirivier jou bydra te kom maak. Palesa Mazibuko gesels daaroor met Sonop Ontbyt.
20 Sep 2024 5 min

Groot koue die naweek op pad

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen beduidende weersveranderinge die naweek met temperature wat aansienlik sal daal - ook in die Laeveld van Mpumalanga. Samke Thwala, 'n voorspeller by die weerdiens, vertel wat ons kan verwag.
19 Sep 2024 4 min

Graskop hou die naweek karnaval

Die eerste Graskop Erfenis Karnaval wat die naweek plaasvind, is gebore met die doel om vier plaaslike welwillendheidsorganisasies in hierdie toeristedorp, wat na kinders en diere omsien, by te staan.
18 Sep 2024 8 min
120 – 140