Penryn se 2024-matriekgroep het 'n 100%-slaagsyfer en 'n 98,5% baccalaureus-slaagsyfer behaal. Hoofdogter- en seun Anna Phillips en Unam Sefani het elk sewe onderskeidings behaal. Anna is ook die enigste kandidaat in Mpumalanga wat bekroon is met die gesogte IEB Uitstaande Prestasie omdat sy binne die top 5% in ses of…
Uplands College is opgewonde oor hul klas van 2024 se uitsonderlike prestasie toe die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) gister hul jongste matriekuitslae bekendgemaak het. Hul merkwaardige prestasies sluit 'n leerling met 10 onderskeidings (Edwin Ferreira), drie leerlinge met sewe onderskeidings (o.a. Max Östlind) en vyf leerlinge met ses onderskeidings elk (insluitende…
Chris Daniel het in 2024 die SANParke Junior Ereveldwagters in die Laeveld laat groei. Die sukses het verwagtinge oortref en vanjaar beplan hulle nog groter dinge.
Sommige inwoners van Blok 14 in West Acres betree vandag die vierde dag sonder elektrisiteit by hul huise. Mbombela het Dinsdagoggend die kragtoevoer onderbreek om noodsaaklike instandhoudingswerk aan die substasie te doen. Dit is intussen afgehandel, maar dele van die area gaan sedertien gebuk onder onbeplande kragonderbrekings. Thea Rix gesels…
Jaco “Groot Wit” Marnaveck, die plaaslike Klapgeveg kampioen, is op pad na Saudi Arabië, waar hy aan die nuwe Power Slap-kompetisie gaan deelneem. Hy gesels met ‘n baie dapper Neels.
Die rock-musikant en omroeper by Radio Laeveld, Coenie Naudé, se jongste enkelsnit is vandag vrygestel. Hy sê vir Sonop Ontbyt hy skryf nie gewoonlik in Engels nie.
Alivia Ferreira, 'n (Engelssprekende) Penryn-leerling, het met haar gedig Rivier se Fluister die ATKV-DigiGedigte se kategorie vir gr. 8 en 9 Afrikaans eerste addisionele taal gewen.
Gary Trower het pas teruggekeer van 'n reis na 'n oerwoud in Angola waar hulle navorsing gedoen het oor skugter olifante wat in dié area woon. Hy vertel van al die wetenskaplike ontdekkings wat wag om gemaak te word in die land.
Verskeie provinsiale en munisipale paaie is tot nasionale paaie verklaar. Linda Grimbeek van die KLCBT verduidelik watter paaie in die Laeveld dit raak.
Jy kan nare gevolge ly as die brandveiligheidmaatreëls by jou onderneming te kort skiet. Ilze Erasmus, 'n beroepsveiligheid en -gesondheidsbeampte, verduidelik.
Natascha C en Henry John Williams is terug en gaan vroeg in 2025 weer saam in die Laeveld konsert hou. Skryf solank Valentynsdag in jou dagboek. Hulle gesels met Amanda.
Die plaaslike sangeres, Lila Swift, het gisteraand haar eerste vollengte album bekendgestel in Nelspruit. Sy het vooraf by Charles en Coenie, self musikante, kom kuier.
Alicia Bullen het vroeër die maand geskiedenis vir Suid-Afrika gemaak deur die eerste Fitness Challenge-atleet te word wat die land by twee IFBB Fitness Challenge Wêreldkampioenskap-kompetisies verteenwoordig het. Bullen was een van slegs nege Suid-Afrikaanse atlete wat deelgeneem het en het drie medaljes in Santa Susanna, Spanje, verower.
Die Laeveld Lugskou is vir die vierde keer aangewys as die beste lugskou in die land - op sigself 'n rekord. Johan Heine en Naranda Leeuwner gesels met Sonop Ontbyt.
Nog sowat R159,5 miljoen is die week aan die Mpumalanga Internasionale Varsproduktemark toegewys om hom kwansuis te operasionaliseer. Bosman Grobler van die DA wat al 10 jaar 'n ooggetuie is van die mark se ontwikkeling, bring ons op die hoogte van waar sake staan.
Die Laeveld Kwiltersgilde bestaan vanjaar reeds 35 jaar. Die huidige voorsitter, Amanda Brugman, vertel saam met Cathy Kotze wat hierdie vorm van naaldwerk behels. Om meer uit te vind, kontak hulle by 082-339-6465.
20 Nov 2024
11 min
100 – 120
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.